top of page
244123460_4468387093218397_2521484059003635986_n.jpg

GRIFFEL-WRIEMELKOUS

Aangename kennis!

 

En welkom by my Griffel-Wriemelkous webtuiste. Kry ‘n koppie koffie… sit gemaklik… ons het lekker baie gesels wat wag.

 

“Wie is ek?” vra jy my: Nee wat, jong. Ek is sommer maar net gewoonweg ‘Lana Hitge’. Daar is wel diegene onder my kennisse wat my as effens mallerig (dis nou met permissie gesê) sal beskryf. Maar dis seker oor ek vreeslik sukkel om ‘in-die-boks’ te leef. My aanslag tot die lewe is waarskynlik maar so ‘n bietjie anders as Jan Alleman s’n... hoekom dan nou nie? Dis dalk juis my kreatief-wees wat vir my ‘n foto-album tjok-vol anderste, maar spesiale, onthou-goeters besorg het. Onthou-goeters wat vele mense op aarde se lewens ‘n lieflike nuwe kleur kon inkleur. ‘n Foto-album vol onthou-goeters wat stapels lekker-lees griffels geïnspireer het… en steeds inspireer...

© 2020 deur Lana Hitge. Proudly created with Wix.com

bottom of page